Inleiding
Stamvader Servaas de Kock ca 1680 ~ 1740
Servaas Bester (Tokkie) *26.9.1900 †3.1.1964
Welkom. Hierdie bladsye verteenwoording my poging om die nageslag van Servaas de Kock wie in 1707 in die Kaap voet aan wal gesit het, na te speur.
Ek vertrou dat ander wat aan dieselfde projek werk, die inligting nuttig sal vind. Ook byvoorbaat dankie vir almal wat so ruim hulp verleen het.
Die verskyning van Gideon de V de Kock se formidabele boek DE KOCK, DE KOK, DE KOCKS FAMILIES in 2009 het egter die blus uit my ywerigheid gehaal. Hierdie deeglike nagevorste werk van bykans 1000 bladsye behoort die grondteks van enige verdere navorsing in die verband te wees.
Servaas de Kock ¤ Paarl 14.9.1948 ~ (b6c5d11e3f2g4h3i1)
© 2003-21 Servaas de Kock - Die inhoud behoort aan almal - nogtans behou ek my regte op my teks , foute en flaters. Die data word soms bygewerk en gekorrigeer. Geen deel van hierdie publikasie mag vir eie gewin herbenut word sonder dat erkenning aan die bron daarvan gegee word nie. Korreksies en bykomende inligting welkom.
Begin met projek: Mei 2003...toe