Johann Jacob Greifenstein (1759 ~ 1795)

Hierdie navorsing na die nageslag van Johann Jacob Greifenstein in Suid-Afrika is die werk van Andries Jacobus Greyvenstein, 27.6.1931 ~ 1.8.2002. Ook die navorsing na die Du Plessis families hier vermeld, is sý werk, en hy was nog fluks besig daarmee tot met sy dood.

 

Die Greyvenstein Stamboom

Materiaal uit die Greyvenstein Argief

 

Die bron dokument waarvan ek moes werk was in MS Word en die data is met copy and paste na n databasis van my eie ontwerp oorgedra. Nie 'n slim ding om te doen in tye van vinnige tegnologiese vooruitgang, want dit sal n redelike taak wees om die data ongeskonde oor te dra na n meer populêre en aanpasbare stelsel. Nogtans, praat met my as iemand belangstel.

Ek voldoen hiermee aan n wens van my Oom dat sy werk beskikbaar gestel moet word aan ander navorsers, familie en belangstellendes. Ons verwag dat mense erkenning gee aan hom vir gebruik van hierdie werk.

Servaas de Kock

Joomla templates by a4joomla