NAVORSING: GREYVENSTEIN / GREYVENSTEYN / GRAVENSTEIN / GRYVENSTEIN

Opgestel deur AJ Greyvenstein, 2002

Van is met die uitsondering van die jonger geslagte redelik volledig nagevors.  Almal afstammelinge van JOHANN JACOB GREIFENSTEIN (stamvader)  gebore 20.3.1726 te Klein-Umstadt, Hesse, teenswoordige Duitsland. 

JOHANN JACOB arriveer in Kaap in 1759 op die Kronenburg as soldaat in diens van die HOIK.  Verkry burgerskap 1762 en vestig hom as messelaar aan die Kaap.

Huwelik inskrywing:    30.7.1769 Jacob Gravenstein van Klein-Umstadt Burger alhier met Sophia van die Kaap, vrygegeven lyfeigene.

Precis of the Archives of the Cape of Good Hope.

Requesten or memorials F-O       H.C.V. LEIBBRANDT (Keeper of Archives)  1906

C 1767/68 “ Page 453 Faasen (Jon. Jozua) ex-burgher. Orphan Master; at present the husband of Eva Bastiaanse formerly the widow of Hermanus Vermaak; wishes to manumit slaves, Johanna and Sophia, and their children under proper security (Extract from will of Isabella Fransse, widow of the late Herman van Marlo, annexed (No.34)”

C 1762 “Hurter (Jan Willem); Burgher; wishes to emancipate a female slave in the Company’s lodge, named Sophia of the Cape, offers in exchange a strong, healthy male slave named September of Malabar     (Annexed is a cert. Signed by v.d.Riet and C.Nelson, first and second  chief surgeons at the hospital, stating that September is about 24 yrs. old, healthy and strong”)

Hans Heese het ‘n verwysing van ‘n privaat doop van ‘n volwasse slavin van Hermanus Vermaak op 26.8.1753 “na voorafgaande belydenis.” Ouderdom inaggenome, maak dit haar ‘n onwaarskynlike kandidaat vir ons Sophia.

Die tweede verwysing waar Hurter ‘n slavin in ruil verkry van die Kompanje kom meer aanneemlik voor

Gedagte ook die feit dat Hurter se dogter  Aletta Catharina ondertussen getroud met Dirk Gysbert van Reenen  as getuies optree by die doop van Aletta Abigail: ‘n samevoeging van die twee vroulike getuies se name.

Hans Heese het onder sy Sterftekaartjies  ‘n aantekening van  ‘n sekere TRUY afkomstig Rio de la Goa wat ‘n kind EVA in April 1748 aan die dood afgee.  Blykbaar gebore 17.3.1743 en van ‘n Blanke vader.  Sou dit die rede wees waarom Sophia se oudste dogter GEERTRUIDA as eerste naam het?  Ons weet van H+L dat Andreas Kluysman skipper van die Hector wat tussen die Kaap en Rio de la Goa (weste van India) gevaar en handel gedryf het.  Hy is trouens op 21.7.1759 in Goa oorlede. Dat daar ‘n verbintenis tussen Truy en Andreas was is dus nie vergesog nie en dat hy die vader van sowel Sophia asook Eva is, is ‘n normale gevolgtrekking.

    

KINDERS UIT VERBINTENIS EN HUWELIK GEBORE:

1     Geertruida Barbara Kluysman  - nie bevestig nie maar beslis ‘n voorkind.  Sy erf uit sy boedel en hy het haar dus as sy eie aanvaar. Volgens MOOC 6/1 , 1758-1796  P153 is sy, vrou van Johannes Spammer, oorlede op 5.10.1808  oud 43jr. 10mde.en 7dae dus gebore 30.12.1765. Sy trou 25.1.1789 met Johannes Spamer (stamvader)

2          Johann Jacob gedoop Kaapstad 20.8.1769. Doop nie persoonlik bevestig nie (bron H+L) alle Greyvensteins in verskillende spelvorme stam van hom af. Hy moes kort na sy huwelik op 11.2.1789 met Johanna Maria Louw die Kaap vir die binneland verlaat het.

3             Helena Catharina gedoop Kaapstad 26.4.1772. Inskrywing 154 . Vader Jacob Gryvenstein; Moeder Sophia. As getuie: Lodewyk Gryvenstein (waarskynlik ‘n broer van J.J-. Johann Ludwig gebore 7.11.1732. wat die Kaap aangedoen het.) volgens MOOC 6/1 1758-1796 is sy op 11.2.1810 oorlede, oud 37jr. 8mde en 12dae, dus gebore 10.8.1773 wat onwaarskynlik is in lig van doopdatum. Waarskynlik gebore 10.8.1771. Volgens Almanak van Kaapstad 1800 –Rosenthal- woon te Dorpstraat 18 waar ook Marthinus Johannes van der Schyf en Johanna Magdalena Bam woon. Haar status is onseker; is dit die van loseerder of huishulp?  Wat was die gebruik of dan beleid met optekening in Opgaaf?

4             Johanna Jacoba gedoop Kaapstad 2.10.1777. Moeder: Johanna Regina (Roelen) nie bevestig nie. J.J. het  rondgekuier .  Sy trou 15.7.1798 met Johannes Rolleman  van Gent in Vlaandere.  Rolleman en Johanna verhuis na Britse besetting waarskynlik terug na Vlaandere?

5             Johanna Antonia gedoop Kaapstad 16.11.1777. Inskrywing 236. Vader: Jacob Greyvenstein Moeder: Sophia Kluysman. Getuies Joseph Antonie en Elsje Rudolphse . Sy trou 22.7.1798 met Dirk Snibbens van Hanover (stamvader –van vandag Snibbe)

6             Aletta Abigail gedoop Kaapstad 20.8.1780. Inskrywing 14. Vader Jacob Greybenstein. Moeder Sophia Klysman van die Kaap. Getuies: Dirk Gysbert van Reenen en Alette Catharina ( Hurter – my invoeging) en Johannes Engel en Abigail Cornelia (Nel – my invoeging)  Sy het  ‘n kind op 30.12.1796 aan die dood afgegee (MOOC 6/1 P339) Trou 16.2.1800 met Johan Phillip Obermeyer van Munden, Pruizen.(stamvader)

7             Barbara Christina (c 1784) nie bevestig nie. Volgens Finale L+D rekening word hierdie dogter toe 10jr. oud as ‘n afhanklike en erfgenaam aangedui.(Boedel 13/1/20 verw. 17) Volgens MOOC 6/1 1758-1779 P170/172 was sy gebore 25.2.1779 en oorlede 14.6.1810. Geen aanduiding dat sy getroud was nie.

 

  

Tot sovêr van Oom Andries se werk oor die stamvader JOHANN JACOB GREIFENSTEIN. Behalwe vir ‘n paar tikfoute verander ek niks. Daar mag nog stukkies van die legkaart in sy notas wees wat ek nie nou probeer evalueer nie.

Servaas de Kock
September 15, 2008

 

 

Joomla templates by a4joomla