Beelde uit die Greyvenstein argief
Ek het al die gegewens op die agterkant van die dokumente en foto's probeer weergee. Telkens is daar bygeskryf in potlood in Oom Andries se hand van wie hy die kleinood gekry het. Die foto nommer is vir verwysingsdoeleindes.
Foto06 - Die Greyvenstein familiewapen - van Jannie
Foto36. Die Ouma Malherbe (Ouma se Ma) Margaretha E. Malherbe.
Foto deur T Reinecke, 15 Chowringhee Rd, Calcutta geneem.
Weet nie wat sy in Calcutta gemaak het nie. Boereoorlog?
Glad nie so seker - dit lyk na 'n ouer vrou as wat by Oom Jan hier onder sit. Miskien eerder haar moeder.
Foto31 - vlnr - agter Letta, Danie, Grieta en Jannie. middel Oupa Jan Gabriel, Fanie, Ouma Magrieta (Margaretha E Malherbe). Voor sit Gertruida (dis voor Barend se geboorte, miskien by Oupa Jan se 40ste verjaarsdag) [AJG]
(Foto so 1894-1895 geneem deur J Gribble. De Afrikaansche afnemer, Paarl, Kaap Kolonie. Wanneer gij eenig oud portret levens groot wilt hebben, zend het naar den heer Gribble)
Foto37 - Gertruida Petronella Greyvenstein gebore du Plessis, 3.12.1890 - 20.3.1979
Ouma Tiekie
( Foto deur M Glassberg, Paarl)
Foto01 - Gertruida Petronella Greyvenstein gebore du Plessis (staande) as 'n jong vrou saam met onbekende. Moontlik toe sy op kollege in Wellington was.
(Ek kan sweer ek sien die trekke van Jolene, haar agter kleinkind, in haar gesig.)
Foto32 - Andries Jacobus Greyvenstein en Gertruida Petronella Greyvenstein (du Plessis)
miskien 11.1.1916, pas getroud? Sy is dus 26 jaar oud.
Foto35 - Greyvenstein gesin Gerty, Boet, Ouma Gertruida, Johanna, Kleintjie, Babs. Alta nog nie gebore.
Oupa Andries sit voor ca 1932
Hierdie is swaar jare. Oupa ry die kinders skool toe met die perdekar. Haastig een oggend om die kinders skool to te neem, sluk hy per ongeluk tabakekstrak in plaas van sy gebruiklike medisyne en sterf. Ant Alta vertel hy het n 'katar' in sy neus gehad en kon gevolglik nie reuk nie.
Ek is nog besig hiermee...