Hoërskool Walvibaai, Namibië, 1966


Dit is 100 jaar na Alfred Nobel dinamiet ontdek

Dit is tien jaar na die verskyning van die bikini

Dit is ses jaar na die uitvinding van die laser en Polaroid film 

Dit is vyf jaar na Robert Ardrey se "African Genesis"

Dit is twee jaar na "I Want To Hold Your Hand"  van die Beatles

In 1966 word Distrik Ses tot blanke bied verklaar, ja.

en Dr Verwoerd word vermoor met 'n dolk deur 'n skisofreen met 'n visie.

en die Stones se "(I Can't Get No) Satisfaction" raas steeds deur ons kop.

en 20 jongelinge word deur matriek geneuk met lat en baklei

Hoe de hel het ons dit gemaak?

 

 

 Skoolhoof Mnr Tom Swemmer and Mnr Badenhorst en die matriekklas van 1966
Johan le Roux, Donsie Buhr, Hennie Coetzee, Dirk van der Walt, Hans Fleishman, Hendrik Barnard, Servaas de Kock, Desmond Barlow.
Neville Terblanche, Irma Kuhn, Martha Thirion, Bonny du Plooy (Hoofseun), Hermien Meyer, Rinie Joubert, Pieter Brand.
Kobie Herlé. Alta van den Berg, Mnr Badenhorst, Bettie Gouws (Hoofdogter), Mnr Swemmer. Anna Duvenhage, Marie Geurtse

 

 

 1966: Std 10: In gesellige geluim  met die laaste skooldag van ons lewe.

 

 

 Hoek van 7de Straat en 13de Weg (nou is ander name) Die eerste verkeerslig is hier aangeskakel.
  K
atolieke Kerk se toring op die agtergrond (langs Vigo Lund).

Kort nadat die kerk gebou is, het ek die toring van die Katolieke Kerk opgeklim en hierdie foto’s geneem. Rigting na die suide na die lagoon.
Let op the Flamingo Hotel en the Institute oorkant (Spoorweë en Hawens se hotel, watergat, veeldoelige saal. Hierdie saal was ook vir fliek gebruik.) Let op die groot aantal huise vir die werkers van die destydse SAS&H.

Die breë 7de Straat was van die eerste wat geteer is en sypaadjies gehad het. Gou agtergekom dit was die plek waar ons stompies langs die sypaadjie kon optel. Dié is versamel, oopgebreek en die tabak in Ma se glas custard-beker gemeng en sigarette van gerol.

Na 13de Weg se visfabrieke en destydse munisipale kantore se kant. Agter die vistreilers op anker.
Daar agter is die lekker speelgrond van Hoogenhout Laerskool.  Ons het Open-da-gates,  Chevs-en-Fords onder andere daar gespeel. 

Die ou hawe en stasie na die westekant. Ou treintjie voor die stasie.

 

 Die trein voor die stasie, die anker voor die yacht club.

Toe begin ek kleur foto's neem, maar dit was duur. 

Alle foto's 1957-1966 geneem.

 

 

 

Hierdie is nie al die ou foto's nie, maar ek plaas ook die res, en ook die tot ongeveer 1969 in my Kiekie-Databasis HIER.  
A work in progress.

 

 

 

Joomla templates by a4joomla