Ek neem my kamera soms saam see toe.
Pelican Point
Die net kom in...
Die bakkieman hou die bo-lyn vas. Die water borrel en bruis van al die vis en daar word spoedig besef daar is teveel vis vir veiligheid.
Gelukkig is die Helena D naby word oor die radio geroep om te kom help.
Dit is baie gevaarlik vir die bakkieman om so "bo-lyn te vat"
Daar is genoeg en almal skep mildelik.
Ons hold is amper vol.
Die Helen D se hold vol en oor die dek.
Die Helen D “loop” diep in die water met haar vrag.
Vandag gaan albei treilers met n deck load by die fabriek aankom.
Soms het ek saam see toe gegaan. Gewoonlik saam met Oom Petro Spamer se treilers Danie Theron en later ook Gideon Scheepers wat groter was as die Happiness wat hy eers die skipper van was. Hulle het diens gedoen vir WBCC, Walvis Bay Canning Company, waar my Pa gewerk het.
Later word WBCC se naam verander na OSWIL en nog later Ovenstone.
Daar was ses pilchard fabrieke en een vir witvis wat vis geblik en vismeel gemaak het. Daar is twintig bote per pilchard fabriek toegelaat. WBCC het daardie dae ‘n kwota van 46 875 ton vis per seisoen gehad. Dit was 18,75% van die totale kwota.
Teen 1966 was daar reeds elf pilchard fabriek en planne is gemaak om die hawefront te verbeter.
Die dorp was vooruitstrewend weens sy visbron en van oral is daar gekom om te skep aan die oorvloed. Groot fabriekskepe van Portugal, Rusland, China, Chile ens. het buite die gebiedswater geplunder. Teen die tyd (1982) dat die gebiedswater van 3 seemyl na 12 seemyl (22 km) vergroot is, is die skade reeds gedoen en sou dinge nooit behoorlik herstel. Die lewensbloed van Walvisbaai is permanent verdun.
Die Lugmag se Shackleton het op sy daagliks patrollie verby gedreun, noord as dit van Kaapstad se Ysterplaat na Kunene vlieg en suid as dit weer terug kom. Een of twee keer per dag? Ek wonder of ons nie ook die Shackleton in die nag gehoor het nie.
Wie onthou ook nog die vistreilers Langeveld van Johnny Eigelaar, Deerness van Freddie Eigelaar, Happiness, Fifeness en Skipness?. Lees gerus die verhaal van visvang in Walvis Pitchard Fever. (of laai af)
![]() |
![]() |
![]() |
Peter Spamer | John Newman | Johnny Eigelaar |
Stranding of the Simferopol
Die Russiese fabriekskip Simferepol loop op 2 Oktober 1961 aan wal op die sandbanke naby Pelican Point as bewys hoe lekker word daar aan ons bronne gestroop. Die skip van 4230 ton is 131 meter lank en 17 meter breed en lei to vele spekulasie in die dorp. Dit was die tyd van die Rooi Gevaar en almal was op hol.
Die visfabriek reel 'n uitstappie vir sy bestuur in die middag na werk.
|
|
Natuurlik kom wynkan ook saam om die manne warm te hou. Worcersterhock of Mellowood? Wie weet.
Die uwe was ook daar.
Iemand kondig met groot entoesiasme aan dat die boere van Swakopmund in die toekoms tamaties aan die visbedryf gaan verskaf en sodoende waardevolle valuta te bespaar.
Kort daarna berig die Namib Times die idee is absurd. Die boere sal, as alles 100% beloop, so 80 ton kan lewer, terwyl die visbedryf sowat 7,000 ton puree jaarliks benodig.