Kinderdae in Walvisbaai deel 2
Mistige oggend. Hierdie foto is van ons huis se dak geneem ( 2de Weg No 13)
... kom ons rook eers 'n stopsel pyp.
Nie seker wie hierdie twee is nie. Een oom is moontlik van SAS&H oppad huis toe, ander dalk Oom Charles du Plooy. Lyk na n OC-huis, maak ek plaas nie die tafel nie.
Frans Grobler vat die gap. Almal kyk net en gil.
Maria du Plooy en Kobie Herlé |
Lynstaan. |
Frans Grobler druk 'n drie met Dawid Conradie wat hom ry om die nek
DIt wat nog nie sonde nie. Frans en Dawid bly hero's.
Rugby held.
Kosie wys sy spiere.
Foto sessie met Kosie, Wat was sy van?
Hy het dikwels met sy fiets verby gery. Later agtergekom hy werk in die Stadsraad se tuine en nog foto's van hom geneem..
Ant Ria Spamer en 'n baie vriendelike dogter (Hannelie?). Hy wat my voor die klavier so verwonderd aankyk, is Kobus. Hy boer nou naby Swellendam op die plaas van Oom Petro Spamer. Ant Ria is in Stilbaai.
Wie is hierdie mooi meisie?
Jannie Enslin, sy broertjie en ek is een naweek met ons drie bote by die lagoon uit en die baai om gevaar tot by die eerste boei. Eerste nag daar tent opgeslaan en die wêreld bekyk. Hier het ek amper verdrink toe my boot deur die sterk westewind weggesleep is diepsee toe.
Die storie het ek verhaal in Die Boei. Lees gerus.
Ons het dikwels gaan "kamp" met ons bote op die lagoon en oornag. Daar anker gegooi, kos gemaak, en die dinge gemaak wat kinders maak. Aan die anderkant van die bek van die lagoon was daar 'n groot hout struktuur soos van 'n platboom boot of vlot. Baie gewonder wat dit was.
My nuwe boot, Gina, is behoorlik beplan, maar het baie lank geneem om klaar te kom. Oorgetrek met nuwe seil en eers met rooilood geverf en toe met laag silwerverf. Onder en tot by die water lyn met nog n laag rooilood. Dat die verf geredelik in my pa se werkswinkel beskikbaar was, is heel toevallig.
Let op, dit was nog voor desimalisasie.
Die Rokers met die Lang Sigarette vergader op die gras by die nuwe swembad. In 'n klas jonger.
Maria (Riekie) du Plooy (Poolman) herken Tinus van Zyl, Japie de Jager, Ernie Volskenk, John Whitehead, ? De Klerk en Andre Swanepoel.
Ek het toe by die kafee gewerk. Die inkomste het gehelp met die koste van my eie rookgewoonte
Die Esplanade Kafee is deur Van Niekerks besit. Later het Maria Du Plooy daar ook gewerk.
Hier ontspan Faith Steward en haar polisieman vriend op die gras.