Kinderdae in Walvisbaai deel 4

   

 Ons skool het altyd die skryfkuns aktief bevorder.

 

 

A FRIGHTENING EXPERIENCE by MARILYN WEBSTER - from Duineland, the school magazine of the Std 6 class of the Hoogenhout Premier School in 1959. This will be the first class that went to the next level as the school progress to Secondary School status.

 

In 1957 we moved into the house in 5th Street West. It was next to the house of the English Webster's family, I am forever in debt to the  Webster kids Marilyn, John and Jeremy who allowed me to speak English without fear. 

 

   

1963 was a very prolific year

 

Lees Kontrakarbeid in Walvisbaai deur J Bester Std 8b in die 1963 Jaarboek van die hoërskool vir 'n akkurate, insiggewende and waardevolle terugblik oor hoe Ovambo-arbeid deur die plaaslike bedryf gebruik is.

 

 

Ons was altyd bewus gemaak van die gevare van die Rooi Gevaar, die Kommunisme.

 

Hierdie bakkie het baie lank in die lagoon stadig vergaan. Is dit hoe Marilyn se boot gelyk het?

Neville Terblanche en wie gaan Windhoek toe met die trein. Daar was groot vieringe met die Republiekfees van 1966 in Windhoek en Bonnie en ek het by die volkspele laer aangesluit (!) net sodat ons twee ook kon saamgaan vir die sports. Ons het nie verder aan die verrigtinge deelgeneem nie, maar weet wat ek gedoen het.  Ek het daardie trip ook weer begin rook. 

 

Dalene van den Berg loer in terwyl Johanna Schreuder styf teen Hennie Coetzee sit met 'n kussing op die skoot. Ons ry lekker trein vir die groot makietie in Windhoek.

 Juffrou begelei ons deur Windhoek se strate.

Die netbalspelers is Lettie du Toit (met bal), en heel regs Lovida Jordaan - die ander girls is van die ander span. 

 

Informele rugbyfoto wat met behulp van Maria Du Plooy en Albert Buhr se skerp geheues voltooi is.
Agter: AA, André Swanepoel, Cornelius (Wambo) du Plessis, Johnny Kuhn, Shorty Swanepoel, Bonnie du Plooy.
Middel: Keith Wenzel, Albert Buhr, Abel Odendaal
Voor: Willie Human, Kokkie de Kock, Frans Grobler, Fanie Nel, Neville Terblanche, Johan le Roux.

Ek kry hierdie terugvoering van Albert Buhr: Bring hierdie foto vir ‘n mens herinneringe terug ! Hierdie span het daardie middag teen Usakos Sekondêr gespeel en het hoofsaaklik uit Std 8’s en Std 7’s bestaan. Die naweek voor dit het die Matrieks (wat net so 12 ouens was) teen die Std 9’s (wat die meeste van die skool se eerste span spelers ingesluit het) gespeel en moes ons ‘n Std 8 (Shorty Swanepoel) en twee Std 7’s (André Swanepoel, Shorty se broer, en ‘n Odendaal outjie) “leen” om ons span vol te maak. Ons het die Std 9’s ‘n lelike pak slae gegee en is ek toe sommer ingesluit in die span wat die volgende Saterdag teen Usakos moes kragte meet!!  

Terug na die foto – Die “onbekende” spelers waarmee ek kan help is André Swanepoel (Std 7), tweede van links agter, en die Odendaal outjie (Std 7) wat gebukkend regs van my staan. Dankie Albert! Ook dankie aan Karola Tuit, Marietjie Vermeulen, Hoppie Buhr en Riekie vir hulp.

 

Wat 'n vrolike klomp vir hierdie informele klasfoto!.
Riekie Du Plooy (Poolman) antwoord: 
Klasfoto skat ek was ongeveer in St 6 of 7 in 1968. Laaste vier persone voor regs:
Annemarie Botha (kleinsus van Piet en van Rachel Botha); Jackie Jordaan (kleinsus van Melinda Jordaan); Anita Nel, (kleinsus van Fanie Nel), Johan (dink ek) Fourie, kleinboet van Scholtz Fourie.

 

 

Ja ek was n Sea Scout - daarom kan ek knope maak.

 

 

Joomla templates by a4joomla