Balans

Jy weef vir my ’n tjalie
en hemp
van ragfyn sy en satyn

Ek droog vir jou pampoene
vol pitte
wat vrot in die dou en son

Jou hande meng die vleis
en spesery
tot heerlik kool en frikkadel

Ek plant die saad groen muf
en skel
oes emmers droė kluite grond

Maar saans steeds jaag jy my aan so lekker
en kom
En laat ek jou staar soos altyd
verwelk
verblom.

Joomla templates by a4joomla