Gebore kort na die oorlog. Het grootgeword in Walvisbaai en uiteindelik ’n BSc-graad in fisika en chemie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Ná ’n loopbaan in die chemiese-instrument-tegnologie en die rekenaarbedryf, soek ek rus op ’n plaas naby Bonnievale om koi-visse te teel vir ontspanning en wat toe ontaard in n uitvoerbedryf.

Mede-outeur van die boeke Living Jewels — Koi Keeping in South Africa, Koi - Handbook of Nishikigoi, The Koi Shop - How to start a koi business. Lewer bydraes tot vaktydskrifte en populêre publikasies. Skryf al van skooldae af versies, meestal aktueel, meestal vir myself, vir die plesier.

 

Joomla templates by a4joomla